Author: Cameron Blake
Publisher: Zebra Press (2009)
ISBN-10: 1770220546
ISBN-13: 9781770220546
Condition: Very Good. The cover has a few scratches and some wear to edges. There is a crease across the bottom corner of the front cover.
Binding: Softcover
Pages: 300
Dimensions: 23 x 15 x 2.5 cm
Die hoofstukke lei jou deur die fases wat die loopbaan van 'n Nasionale Dienspligtige gevorm het: oproepinstruksies, inklaar, Basies, keuring, bosfase, tweedefase-opleiding, algemene diens, die Grens, Angola, die townships, uitklaar en kampe. Met die klem op die humor sowel as die swaarkry, verskaf hierdie vertellings ’n verskeidenheid perspektiewe op inspeksies, dril, wagdiens, Grenspatrollies, kontak, en die alledaagse lewe in die SAW. ok ingesluit is amptelike dokumente soos oproepinstruksies, uittreksels uit die Basiese Opleiding-handleiding, en ’n uitklaarsertifikaat. Bylaes verskaf meer inligting oor die geskiedenis van Nasionale Diensplig en plaas die Grensoorlog en ander kwessies binne konteks.
Troepie van Blougat Tot Bosoupa moet gelees word deur enigiemand wat Nasionale Diensplig gedoen het, of iemand ken wat dit gedoen het. Dit is ’n insiggewende en fassinerende verslag van wat dienspligtiges in werklikheid ervaar het.